Lifestylerealty Lifestylerealty

 

Lifestylerealty

Lifestylerealty

                                                                                   

PROMOSIE ADVERTENSIE-ARTIKEL

NUWE EIENAARS VIR WESKUS EIENDOMME

 

Weskus Eiendomme is sedert 1992 ‘n ou en bekende gevestigde eiendomsagentskap aan die Weskus.

 

Op 28 Maart 2007 is die gemeenskap van Saldanha geruk deur die tragiese heengaan van die twee baie bekende en beminde eiendomsagente, Danie en Elize Barnardo, eienaars van Weskus Eiendomme.

 

Die Barnardo’s was baie jare betrokke as eienaars van Weskus Eiendomme tot en met hulle oorlye. Weskus Eiendomme se kantore is gesetel in die bekende Weskushuis in Hoofstraat 115 Saldanhabaai. Die Barnardo’s het deur die jare Weskus Eiendomme sinoniem met betroubare, sorgsame en eerlike diens gemaak.

 

Die ontydige afsterwe van die Barnardo’s het Weskus Eiendomme tydelik onstabiel gelaat met verskeie groepe sakemense wat om die koop van die gesogte tradisieryke besigheid, die Kroonjuweel van Eiendomsagentskappe aan die Weskus, meegeding het.

 

Op 13 Junie 2007 het ABSA TRUST, die Eksekuteurs in die bestorwe boedel van die Barnardo’s die wedywering om die koop van die besigheid beëindig en Weskus Eiendomme as ‘n lopende saak, geboue inklussief aan ‘n Beslote Korporasie, 365 Days Property Investments verkoop.

 

Mnr. Pieter Robertson, een van die nuwe eienaars is as Prinsipaal van Weskus Eiendomme aangewys. Hy het aangedui dat die nuwe eienaars van Weskus Eiendomme baie opgewonde oor die toekoms van hierdie ou en bekende firma is. ‘n Dinamiese groep mense is saamgesnoer om nie net die ryke tradisie van Weskus Eiendomme verder te neem nie, maar om dit professioneel uit te bou. In kort, Weskus Eiendomme gaan voort met sake soos normaal behalwe dat dit met groot sorg meer suksesvol gemaak word.

 

Weskus Eiendomme is die hartslag van Eiendom in hierdie geweste en bied voortaan ‘n Eenstop diens aan kliënte bestaande uit ervare eiendomsagente, dorpsontwikkeling, verhuringsagente en regsdienste gerugsteun deur Wepeners Prokureurs.

 

Mnr. Robertson het verder beklemtoon dat Weskus Eiendomme met die mees moderne elektronika en sagteware toegerus word en dat verkopers en voornemende kopers van eiendom in die Weskus hulself sal benadeel as hulle nie by hierdie  ou gevestigde en tradisieryke eiendomsagentskap gaan aanklop nie.

 

‘n Onmisbare, eiesoortige en unieke toevoeging tot die bemarkingsarsenaal van Weskus Eiendomme is ‘n Webwerf spesiaal vir Weskus Eiendomme ontwerp en welke ‘n bemarkingsinstrument sonder gelyke gaan wees. Voormelde webwerf sal ‘n baie treffende naam en ontwerp hę en dit sal die koop en verkoop van eiendomme aan die Weskus baie wyd bekendmaak en binne bereik van alle internetgebruikers, węreldwyd plaas. Volgens Pieter Robertson word daar nog aan die finale produk geskaaf en sal besonderhede daarvan binnekort bekend gemaak word.

 

Verhurings sal een van die ander ankerfunksies van Weskus Eiendomme wees en verhuurders en huurders kan verseker wees dat hulle belange met sorgsaamheid, akkuraatheid en volgehoue professionalisme onderskraag sal word.

 

Die nuwe Weskus Eiendomme is amper net soos die oue, net beter toegerus en gerat vir optimale diens gerugsteun deur mense wat graag diensbaar wil wees.

 

The Weskus House

 

Lifestylerealty Lifestylerealty

     
Lifestylerealty   Lifestylerealty

Property Type

Province

Area

Suburb

From

To